current location : Lyricf.com
/
Songs
/
Was lyrics
Was lyrics
turnover time:2024-09-28 11:30:07
Was lyrics

Toe ons nog jonk was

Toe ons nog in staat was

Gedagtes nog dronk was

Ons huur altyd laat was

Toe vensters nog oop was

Jou hemp nog 'n "small" was

Jou kar nog net lood was

Toe damme nog vol was

En lag nog 'n kuur was

Die vlag nog 'n trots was

En kos nog nie duur was

Jou oupa jou rots was

Die paaie nog grond was

Jou brief nog in ink was

jou lyf nog gesond was

die tekoms nog blink was

Hier is jy nou

Hier is jy nou

Waar jy wou wees

Is dit toe nou

Is dit toe nou

Waar jy wou wees,

Waar jy wou wees?

Hier's ons nou!

Toe ons nog bly was

Verjaarsdag 'n ding was

Toe sy aan jou sy was

En trou meer as ring was

Toe Rugby 'n sport was

Waardes 'n eer was

Geboue nog kort was

En daar nog geleer was

Toe foute nog skaars was

Die vraag nagedenk was

'n hou nog geraas was

Ons minder geskend was

Toe omgee geprys was

en dankie gesê was

Toe jy nog okay was

Jou hoop nie verlê was

Hier is jy nou

Hier is jy nou

Waar jy wou wees

Is dit toe nou

Is dit toe nou

Waar jy wou wees

Waar jy wou wees?

Hier's ons nou!

Hier is jy nou

Hier is jy nou

Waar jy wou wees

Is dit toe nou

Is dit toe nou

Waar jy wou wees

Waar jy wou wees?

Hier's ons nou!

Comments
Welcome to Lyricf comments! Please keep conversations courteous and on-topic. To fosterproductive and respectful conversations, you may see comments from our Community Managers.
Sign up to post
Sort by