current location : Lyricf.com
/
Songs
/
Parkiebank, herfs 2017 lyrics
Parkiebank, herfs 2017 lyrics
turnover time:2025-04-20 13:06:04
Parkiebank, herfs 2017 lyrics

jy mag jouself dalk vind

in die middel van die dag op ’n parkiebank sit

en dan dink jy

hoe bekostig hierdie mense hierdie Europese karre en paleisale Toskaanse tronke

jy mag dalk dink

in ’n arm land is rykdom ’n skande, maar

iemand is altyd ryker as almal anders

en jy mag dalk dink

wat doen ek

dat ek in die middel van die dag op ’n parkiebank kan sit?

en dan raak ek bly

want wat is daar om te doen?

wie probeer ek beïndruk?

en dan dink ek by myself

ek gaan nie my hele lewe lank werk om eendag niks te kan doen nie

ek sal sommer nou begin

ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nè?

wat maak ons nog hier?

hierdie plek is nie ons s’n nie

huis is waar jou mense is

my mense het nie tuisland nie

wat maak ons nog hier?

hierdie plek is nie ons s’n nie

miskien dink jy by jouself

ek is ’n produk

ek is ’n bemarkingsveldtog

ek is ’n kommoditeit

dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie

die middelklas is ’n buffer

en ons moet hier uit

honger mense bly nie lank honger nie

die malles het beheer van die malhuis geneem

en hulle kom al hoe nader aan die kluis

in die donker is die blinde een koning

maghonger koning maak

maghonger volgelinge

en koning bly nie lank op sy troon nie

ek lê op die gras en luister Lucas Maree

ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik

haar hart is seer, want haar man is dood

en ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is

Comments
Welcome to Lyricf comments! Please keep conversations courteous and on-topic. To fosterproductive and respectful conversations, you may see comments from our Community Managers.
Sign up to post
Sort by
Show More Comments
Fokofpolisiekar
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Alternative, Rock
  • Official site:http://www.fokofpolisiekar.co.za/
  • Wiki:https://af.wikipedia.org/wiki/Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar Featuring Lyrics
Latest update
Copyright 2023-2025 - www.lyricf.com All Rights Reserved