current location : Lyricf.com
/
/
Pa en Seun lyrics
Pa en Seun lyrics
turnover time:2024-06-30 07:50:58
Pa en Seun lyrics

Ek staan hier alleen langs jou graf

En ek wens so graag jy was nog hier

Dat ons net kon praat, en ons trots kon laat vaar

En ek net jou pa kon wees.

Net die beste wil ek vir jou hê

Maar daai woorde was nooit net gesê

En hier waar jy lê my seun weet ek

Die tyd was te min om oor te begin.

Ref.

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun

In jou het ek lewe gevind

Ek het jou lief jy's my kind

Jy's my kind.

Sê my, hoe word 'n pa so alleen?

Dit voel soos my enigste seun

Die Here het jou my geleen.

Jou woorde draai steeds in my kop

Daar is soveel wat 'n pa nog wou vra

Maar eendag moes jy ook 'n pa word my kind

En dan sou jy alles verstaan.

Soos 'n pa wat sy lewe sou gee

Met sy trane wat die seer weg sou vee

Maar hier waar jy lê my seun

Weet ek die tyd was te min

En niks maak meer sin.

Ref.

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun

In jou het ek lewe gevind

Ek het jou lief, jy's my kind

Jy's my kind.

Sê my, hoe word 'n pa so alleen?

Dit voel soos my enigste seun

Die Here het jou my geleen.

Bridge:

Maar toe in die nag

Het hy jou kom haal

En in my spyt

Besef ek te laat

Jy’t my altyd gedra

Maar ek bly nog jou pa

Ref.

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun

In jou het ek lewe gevind

Ek het jou lief, jy is my kind

Jy's my kind.

Sê my, hoe word 'n pa so alleen?

Dit voel soos my enigste seun

Die Here het jou my geleen.

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun?

Comments
Welcome to Lyricf comments! Please keep conversations courteous and on-topic. To fosterproductive and respectful conversations, you may see comments from our Community Managers.
Sign up to post
Sort by
Show More Comments
Bok Van Blerk
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Pop-Folk
  • Wiki:http://en.wikipedia.org/wiki/Bok_van_Blerk
Bok Van Blerk
Copyright 2023-2024 - www.lyricf.com All Rights Reserved