Hulle wat hulle doel ná hul dae1het voorsien
Bereik die poorte van Alvader2se saal
Skilde en spiese, vleis, bier en heuningwyn
Al daai dinge3val te beurt aan almal wat Wodan4uitverkies het
[CHORUS:]
Na die Saal van die Gevallenes5strewe die sterkes
Wie se daderoem die dood en die vergetelheid tart
Eerbaar gelewe en as helde gesterwe
In liedere en heldedig lewe hulle voort
Die horing van Heimdallr6kondig die oorlog aan
Die mense en Gode omhels hulle lot
Om langs die Gode te sterwe tydens die stry
Laat die oue dinge vergaan en die nuwe dinge sal ontstaan
[CHORUS:]
Na die Saal van die Gevallenes strewe die sterkes
Wie se daderoem die dood en die vergetelheid tart
Eerbaar gelewe en as helde gesterwe
In liedere en heldedig lewe hulle voort
Die orde en aarde, hulle sal herrys
En Baldr en Höðr7versoen hulle dan
Tot stand gekom ná die noodlot van die mense en Gode
Die lewe en lus vir die lewe sal dan terugkeer
[CHORUS:]
Na die Saal van die Gevallenes strewe die sterkes
Wie se daderoem die dood en die vergetelheid tart
Eerbaar gelewe en as helde gesterwe
In liedere en heldedig lewe hulle voort
1. ná hul dae → ná hul dood2. “Alvader” verwys naar Wodan/Odin3. zij = (letterlik) hulle4. Wodan (Odin) = die oppergod in die Germaanse/Noordiese godsdiens5. “Saal van die Gevallenes” verwys naar Walhalla, 'n uitsonderlike paradys – die siele van krygers wat in ‘n slag gesneuwel het is hierheen geneem.6. Heimdallr = die poortwag van die Germaanse/Noordiese Gode – hy sit op die rand van die hemel om die Bifröst brug te bewaak en hy besit ook die klinkende horing Gjallarhorn.7. Baldr en Höðr is twee Germaanse/Noordiese Gode.