current location : Lyricf.com
/
Songs
/
Modder en Bloed lyrics
Modder en Bloed lyrics
turnover time:2024-09-28 11:37:19
Modder en Bloed lyrics

Ek staan verlate langs geraamtes

Gebeende vingers wys na my

Hier tussen stof en roet en haat

Staan net die duiwel langs my sy

Alles is weg

ek het alles verloor

In die grond bloei die mensdom se dade

Vir dit wat lê hier onder ons aarde

Word in die naam van oorlog gemoor

En my hart en my siel is vertrap

in daai modder en bloed

Staan nou op

staan nou saam

voor jou volk en jou land hier vergaan

Lig jouself soos een man uit die stof en die sand

draai jouself terug na God

vind jou siel en jou moed

in daai Modder en Bloed

in daai Modder en bloed

Nou staan ek hier

Gesak op my kniëe

En ek weet wat ek Hom nou moet vra

Wees die vuur en die staal in ons lywe

Om die vyand se haat te verslaan

En my hart en my siel is vertrap

in daai modder en bloed

Staan nou op

staan nou saam

voor jou volk en jou land hier vergaan

Lig jouself soos een man uit die stof en die sand

draai jouself terug na God

vind jou siel en jou moed

in daai Modder en Bloed

in daai Modder en bloed

Net die duiwel sterk sy dade

Vir 'n moordenaar se haat

Want net 'n goddelose aarde

Vermoor sy kinders in die aand.

Comments
Welcome to Lyricf comments! Please keep conversations courteous and on-topic. To fosterproductive and respectful conversations, you may see comments from our Community Managers.
Sign up to post
Sort by