current location : Lyricf.com
/
Songs
/
Maak of braak lyrics
Maak of braak lyrics
turnover time:2025-04-19 04:07:16
Maak of braak lyrics

Tuisgemaakte sosiale wapen

Onbekende handgebare

Dooie mense maak asof hulle my ken

In die begraafplaas waar ek bly

Lag al die geraamtes vir my

Maar hulle is onbewus

Dat ek stuk vir stuk

my hart by my keel afdruk

Drink nou hierdie bloed van my

Dis al wat ek het wat jy kan kry

Ek't spesiaal my are vir jou oopgesny

En sê net dit lyk mooi

Die ewige kind agter in my kop

Bewe benoud en krap oop sy toegestikte mond

Nes stilgebore babas huil ek nie

Oor die onregverdigheid van die lewe nie

Niemand lewe rêrig nie

Ek het al my kos en geheime opgegooi

Sê net dit lyk mooi

Sê net dit lyk mooi

Ek het al daai fokken kak gesluk

Myself probeer verdrink

Sê net dit lyk mooi

Sê net ek is mooi

Paniekbevange angstig en alleen

'n Prins van donkerte

Ek dien myself alleen

Comments
Welcome to Lyricf comments! Please keep conversations courteous and on-topic. To fosterproductive and respectful conversations, you may see comments from our Community Managers.
Sign up to post
Sort by
Show More Comments
Fokofpolisiekar
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Alternative, Rock
  • Official site:http://www.fokofpolisiekar.co.za/
  • Wiki:https://af.wikipedia.org/wiki/Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar Featuring Lyrics
Latest update
Copyright 2023-2025 - www.lyricf.com All Rights Reserved