current location : Lyricf.com
/
Songs
/
Heiden Heiland lyrics
Heiden Heiland lyrics
turnover time:2025-04-19 04:09:05
Heiden Heiland lyrics

Heiden Heiland

Heiden Heiland

'N klapsoen het my onkant gevang

My lewer mis ons tye saam

'N neofiet van neongeaard

Verdierlik losbandig

Nadoodse ondersoek

Sou bepaal

Vals hoop

Vals tande

Vals hart

Vermy vir my

Vermy vir my

In 'n monochroom diskoteek

Het ek my een voet in die graf gesteek

Die troukoors is so dik dis tasbaar

Dit laat my nekhare rys

Jy wil nie

Nie nou nie

Ek wil jou ys breek

Maar jou water wil nie stol nie

"Jy was 'n kind

En al die helder wete

Van bloed en maagdelikheid

Was eenmaal in jou oe"

Onbevlek en half bewusteloos

Vergewe my

My doodgeid

Maar al die ouens lyk half skeef hier

Ek wil nie op die dansbaan broeknaai nie

My lotus my roos

My vingers sny

Deur jou dorings

Ek wil jou seermaak

En ek wil seerkry

Vermy vir my

Vermy vir my

'N meteoriese reis

Na die noorderlig

'N valskerm vir ingeval ons spring

Dis ver en ons tuig is aanmekaar geslaan

Lukraak

Aanmekaar geslaan

Ek wil nie

Uitbrand nie

Jy't op my gemors

En nie jammer gese nie

En ek was 'n kind

En al die helder wete

Van bloed en maagdelikheid

Bly eenmaal in my oe

Ek soek myself

Het jy hom dalk gesien?

Hy's 'n paar jaar jonger

En sy hare is korter

Hy dink nie dat daar iemand is

Wat hom agtervolg nie

Jy ken my nie vir lank nie

Daar is nog niks

Wat jy verkeerd kon doen nie

En jy was 'n kind en al die helder wete

Van bloed en maagdelikheid bly

Altyd in jou oe

NP van Wyk Louw

Comments
Welcome to Lyricf comments! Please keep conversations courteous and on-topic. To fosterproductive and respectful conversations, you may see comments from our Community Managers.
Sign up to post
Sort by
Show More Comments
Fokofpolisiekar
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Alternative, Rock
  • Official site:http://www.fokofpolisiekar.co.za/
  • Wiki:https://af.wikipedia.org/wiki/Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar Featuring Lyrics
Latest update
Copyright 2023-2025 - www.lyricf.com All Rights Reserved