current location : Lyricf.com
/
Songs
/
De la Rey lyrics
De la Rey lyrics
turnover time:2024-06-22 23:43:03
De la Rey lyrics

Op 'n berg in die nag, lê ons in die donker en wag.

In die modder en bloed lê ek koud, streepsak en reën kleef teen my.

En my huis en my plaas, tot kole verbrand sodat hulle ons kan vang.

Maar daai vlamme en vuur brand nou diep, diep binne my.

De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei?

De la Rey, De la Rey

Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val.

Generaal De la Rey.

Hoor die Kakies wat lag.

'n Handjie van ons, teen 'n hele groot mag.

En die kranse lê hier teen ons rug.

Hulle dink dis verby.

Maar die hart van 'n Boer, lê dieper en wyer, hulle gaan dit nog sien.

Op 'n perd kom hy aan, die Leeu van die Wes Transvaal.

De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei?

De la Rey, De la Rey

Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val.

Generaal De la Rey.

De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei?

De la Rey, De la Rey

Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val.

Generaal De la Rey.

Want my vrou en my kind, lê in 'n kamp en vergaan.

En die Kakies se murg, loop oor 'n nasie wat weer op sal staan.

De la Rey, De la Rey sal jy die Boere kom lei?

De la Rey, De la Rey.

Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val.

Generaal De la Rey.

De la Rey, De la Rey sal jy die Boere kom lei?

De la Rey, De la Rey

Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val.

Generaal, generaal , sal jy die boere kom haal.

Comments
Welcome to Lyricf comments! Please keep conversations courteous and on-topic. To fosterproductive and respectful conversations, you may see comments from our Community Managers.
Sign up to post
Sort by
Show More Comments
Bok Van Blerk
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Pop-Folk
  • Wiki:http://en.wikipedia.org/wiki/Bok_van_Blerk
Bok Van Blerk
Latest update
Copyright 2023-2024 - www.lyricf.com All Rights Reserved